Language           Follow   

Oud-Kovsie help Ernie met sege

Lees die oorspronkelike artikel hier

DIE oud-Bloemfonteiner dr. She­rylle Calder het ’n groot aandeel in Ernie Els se sege in die 141ste Britse Ope-kampioenskap gehad.

Calder, ’n oud-Kovsie en vorige hoofmeisie van die Hoërskool Brebner, wat as spesialis in visuele vaardighede en sportwetenskaplike sportlui oor die wêreld heen help en afrig, het Els sedert Januarie gehelp om sy spel op te knap en sy hand-oog-koördinasie te verbeter.

“Dit is great om met Ernie te werk. Hy is so ’n groot sportman en dit is ’n enorme oorwinning vir hom. Dit is great om deel te kon wees daarvan,” het Calder gister uit Engeland gesê.

Els, ook bekend as die “Big Easy”, se oorwinning die naweek op die Royal Lythan & St. Annes-gholfbaan is sy eerste groot sege in amper ’n dekade.

Calder sê sy het Els in George ontmoet en hul spanpoging het daar begin. “Ek het gesê dit sal hom ses maande vat om resultate te begin sien. Die Ope was ses maande ver. Ek het vir hom gesê hy gaan dié major wen.”

Hulle het aan sy visuele fiksheid gewerk met EyeGym, spesiale programmatuur vir oogoefeninge.

Ná sy oorwinning in die Britse Ope het Els spesiaal vir Calder en die res van sy span bedank.

Calder het Bloemfontein vir Somerset-Wes verruil en werk deesdae op Stellenbosch en in Kaapstad.

Haar neef Bernard Calder, van Bloemfontein, sê met groot trots sy kry altyd goeie resultate.

Sy het twee Wêreldbeker-rugbyspanne gehelp, Engeland in 2003 en Suid-Afrika in 2007.

Sy het ook al die Springbok-rugbyspeler Bryan Habana, Suid-Afrika se top manstennisspeler Kevin Anderson, die All Blacks en Olimpiese spanne afgerig.

Sy self het destyds vir Suid-Afrika hokkie gespeel.

“Sport is in haar bloed,” sê haar neef.

Met Els se sege het sy weer die oog van die internasionala media getref. SkyNews het Els se oorwinning aan haar “revolusionêre afrigting” toegeskryf.

Sy bly plat op die aarde en haar antwoord hierop is: “Ernie het hard gewerk. Hy moet al die eer kry.”

Lees die oorspronkelike artikel hier

<< back

Leave a comment

 

 

visual test

Categories
Home  •  Newsletter Signup  •  Personalised Programmes  •  About  •  Blog  •  Testimonials  •  Contact  •  Schools  •  Sport  •  Corporate © Dr Sherylle Calder . All rights reserved.